(Foto: Landi Havenga)
J&T-kamp
Desember kamp (1-7 Desember) begin oor
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
J&T winterkamp se tema het gehandel oor: Die Grootste storie wat al ooit vertel is. Dit het verwys na hoe die Bybel die beste verhaal is wat al ooit met die mensdom gedeel was. Olimpiese spele, agape-ete, kosmaak kompetisie en uitreiking is net ʼn paar van die aktiwiteite wat by die laaste kamp plaasgevind het.
Wat J&T is
J&T (Junior & Tiener Week) is ʼn Christelike kamp wat halfjaarliks plaasvind. Dit is gemik op juniors en tieners wat graag ʼn verhouding met die Here wil bou. Geleë in ʼn rustige natuurlike omgewing ver van die lawaai van die stadslewe in Dundee, Kwa-Zulu Natal, is die kampterrein perfek vir baljaar. Tussen al die gebaljaar word almal twee keer ʼn dag rustig soos hul die Here loof en prys tydens godsdiens. Tydens die kamp word daar baie gefokus op geestelike groei en die belangrikheid om ʼn persoonlike verhouding met die Here te bou.
Elke kamp is vol opwindende aktiwiteite soos zipline, kaskar ry, sport, skattejag en baie meer. Elke kamp het sy unieke tema. Hierdie tema word dan gebruik om spesifieke aktiwiteite en boodskappe uit te werk wat die kinders nuttig maar nie vervelis sal vind nie.
Jana de Beer (Regs) en Nadia Grobler(Links) is besig om ‘n ruskansie van ‘Clash of the Titans’ te neem.
Kinders se ervaring
Die hoogtepunt van tienerweek vir my was die geleentheid om nuwe en spesiale vriende te maak, die wonderlike speletjies wat ons gespeel het en die belangrikste, was dat ons nader aan God gegroei het.
Nokwazi (16) besig om baas te word van Clash of the Titans.
Storietyd; Hoe is die kamp se temalied geskryf?
J&T winter kamp 2024 was geseën met ‘n tema lied wat spesiaal vir die kamp geskryf was. Eaton Clapper (‘n musikant) het sy passie vir musiek en sy passie vir die kampe bymekaar gevoeg en die wonderlike stuk geskryf. Luister gerus na die potgooi oor hoe die liedjie geskryf was, uitdagings wat in die oë gestaar was en inspirasie wat gekom het. Die tweede potgooi is die volledige liedjie “The Greatest story ever told” wat deur die Helderberg sêr gesing word.
Winterkamp 2024 temalied groeipyne
Kom luister na die winterkamp se temalied
Winterkamp 2024 hoogtepunte
Stuur epos vir navrae
Vir meer inligting of enige navrae gebruik die volgende skakel om epos aan ons te stuur.
Alle foto’s is deur Martenique Torlage geneem behalwe as daar anders aangedui word.