Jean Coetzee besig om vir die tieners te demonstreer wat om te doen as olie aan die brand slaan.

Tienerweek 2024 het met ʼn brandbestrydingsseminaar vir die Tieners begin. Jean Coetzee, ʼn gekwalifiseerde brandweerman het tydens winterkamp vir die tieners van basiese brandveiligheid kom leer.  Kyle Govender, ʼn gekwalifiseerde noodhulppraktisyn en senior vlieg-paramedikus, het Jean geassessteer met basiese noodhulp en die kinders geleer wat om te doen as iemand verstik.

Die kinders het in die laat middagson op die grasperk gesit met opwinding, duidelik op hul gesigte te lees. Soos die winterkoue die son se hitte begin steel, het vlamme van die demonstrasie die kinders warm gehou. 

Soos die gretige hande opgeskiet het met vrae beantwoord, was Kyle en Jean gehoop hulle maak n verskil en dat wat hulle daardie dag vir die kinders geleer het , lewe sou kon red.

Elke kind het iets dié dag daaruit geleer. “Jesus is ons brandweer man,” soos Mieke de Wilde (15) dit gestel het, en Hannah de Klerk het vertel dat sy nie geweet het watter nood nommers om te skakel ingeval daar ʼn brand is nie. Hierdie is kritiese inligting wat ek nie geken het nie.

Jean Coetzee saam met sy brandweer waterenjin. 

Jean sal nooit daai eerste paar kere vergeet toe hy uitgegaan het na ʼn toneel, en hoe die adrenalien deur sy are gepomp het nie, “Ek gaan nou die kans hê om iemand se ergste dag dalk ʼn bietjie beter te maak”  Hy het later vertel dat dit nie altyd maklik is in die bedryf nie. Daar is soms omstandighede, waar hulle besef dat daar nie meer iets gedoen kan word nie, en dat hulle hande afgekap is. Al is daar sulke gevalle, demp dit nie sy passie om aan te hou nie, en vind hy nog steeds vervulling in sy beroep.

Die begeerte om ʼn verskil te maak is sterk in elke nooddienswerker se bloed.  Kyle het sy mening beaam “Dit help om te weet dat jy besig kan wees om die kinders te leer hoe om hulleself eendag in die toekoms te red. Dit gee jou ʼn gevoel van vervulling dat jy is besig is om iets positief te doen en die mensdom te help.”