Themaba Fikoloma, een van die fasiliteerders besig om Ramond Fourie(16) se voete te was tydens nagmaal. (Foto: Juri Swanepoel, kampfotograaf)
De winterkamp het ʼn rekord aantal borgskappe vir die kinders voorsien. Van direkte borgskappe tot individue wat geld aan J&T stuur om aan kinders wat dit nie kan bekostig nie te allokeer. Borgskappe het aangehou om in te kom.
Die afgelope winterkamp het daar 15 mense geld vir J&T gegee, spesifiek om kinders se kostes te help dek. Die totaal wat bygedra is was ʼn totaal van R130 000.00. Met die geld was 45 kinders die kans gegee om die kamp te kon bywoon.
Die kinders wat geborg was, se harte loop oor van dankbaarheid. Hier is ʼn paar van hulle se woorde:
“Dit beteken alles vir my! Ek sou nie kamp toe kon kom as dit nie was vir die borg nie!”
“God maak ʼn plan”
“God het grootmense gebruik sodat ek Hom beter kon leer ken. Ek sou nie kamp toe kon gekom het as dit nie vir die borg was nie.”
Joburg North is een van die gemeentes wat baie moeite insit om uit te reik na hulle jongmense. Bonnie Bowen, ʼn leier in die kerk, het vertel hoekom hulle kerk so sterk glo in die kampe. Die kerk het ʼn kultuur van gee en ondersteuning vir die kinders geskep. Dit is nie iets wat oornag gekom het nie vertel sy.
Haar broer was so 32 jaar terug na een van die eerste kampe toe gestuur. Sy vertel hoe 8 van hulle kerk se jongmense gegaan het en toe nog vasgekeer was by die kamp omdat dit gesneeu het. Daarna was ʼn geestelike, en verstandelike groei in die kinders te sien. Die leiers wat ontwikkel word en die geestelike groei wat plaasvind is van die redes hoekom hulle kinders aanmoedig om die kamp by te woon.
Een van die kinders wat omtrent 30 jaar terug deur die kerk geborg was het die jaar self bygedra om ander kinders na die kamp te stuur. Hierdie jaar was daar ʼn totaal van 16 kinders en drie fasiliteerders van die gemeente Joburg North af by die kamp, waarvan 6 geborg was.
Megan Wass, een van die fasiliteerders by die kamp was geborg. Sy vertel dat dit baie vir haar beteken het toe mense bereid was om haar te ondersteun sodat sy kamp kom bywoon. Dit wys net vir haar ʼn bewys dat mense nog steeds belangstel om kinders te help en te ondersteun.
Altesame was 71 van die kinders wat die kamp bygewoon het kinders geborg. Dit is 43% van die winterkamp se bywoners. Dit beteken so baie vir die span hier by J&T dat so baie mense glo in die kampe en wil belê in kinders se geestelike toekoms. Heino Torlage, stigter van die kampe, sê altyd dat kinders die belangrikste sendingveld is en dat daar belê moet word in die geestelike toekoms van kinders.
Megan Wass, fasiliteerder, besig om die afgelope winterkamp Bybel studie saam die tieners uit te lei. (Foto: Juri Swanepoel, kamp Fotograaf)