Juniors besig om te leer hoe om natuurlike middels te gebruik. (Foto: Landi Havenga, kamp fotograaf)
Die Juniors het met die 2024 winterkamp van natuurmiddels geleer-hulle kon die krag daarvan prakties sien soos 2 mediese sendelinge (Juanita Pretorius en Marinda Labuschangne – ook ‘n apteker) uit hul pad gegaan het om dit vir die juniors onvergeetlik te maak.
Juniors besig om te leer hoe om waterterapie te gebruik.
R,iana Coetzee, die koördineerder van die juniors, vertel dat sy hulle gevra het om dit aan te bied, sodat die kinders kan leer dat hulle iets kan doen om gesonder te wees en hoe om gebruik te maak van dit wat tot hul beskikking in die natuur is.
Juanita het in haar aanbieding gefokus op hidroterapie. Sy het dit vir die kinders prakties gemaak deur demonstrasies en hulle ook die kans gegee om dit self te probeer. Sy het ʼn kind ʼn koue T-hemp laat aantrek en toe in ʼn kombers toegedraai. Die liggaam werk dan oortyd om daai kol wat koud is weer warm te kry. Die ekstra bloedvloei help dan vir vinnige genesing. Die kinders het daarna dit prakties toegepas deur op mekaar warm en koue behandeling te oefen.
“Dit wat ons by Tannie Juanita geleer het was baie lekker, ons kon dit op mekaar oefen en ons het so lekker gelag vir een van die seuntjies. Die tannie het hom soos ʼn mummy toe gedraai in nat beddegoed.” Dit is wat Laurika Karsten (10), wat die winterkamp by gewoon het te sê gehad het.
Marinda het vir die kinders geleer watternatuurlike middels hulle kan gebruik vir kleiner kwale. Die kinders het geleer hoe hulle tiemie, heuning, aalwyn en ander natuurlike middels kan gebruik vir minder ernstige kwale. Marinda het ook vertel hoe sy in natuurlike en mens gemaakte medikasie glo. Hulle het ook ʼn eenvoudige hoesstroop uit heuning, echinacea, elderberrie en tiemie gemaak wat hulle op ʼn daaglikse basis kan gebruik om hulle immuunsisteem te versterk. Marinda sê: “Ek sal graag wil hê dat die kinders moet onthou dat God vir ons ʼn skatkis gegee het waarmee ons minder ernstige kwalle en siektes kan behandel”
Celeste Esterhuizen (13) een van die juniors vertel “Ek het die natuurlike medisyne klas baie interessant gevind, Ek het geleer dat jy natuurlike goed kan gebruik om gesond te kan word. Jy kort nie altyd ʼn dokter nie”
Juanita Pretorious besig met die mummy demonstrasie vir die water terapie seminaar.