Natasja Rowe-Rowe besig om vir die kinders te vertel wat gesonde grense behels tydens winter J&T 2024 kamp

Die waarheid oor grense was die onderwerp van die week, as jy by Natasja Rowe-Rowe se seminaar ingestap het. Sy het met die tieners gesels en vir hulle  vertel oor die belangrikheid van grense, en hoe om by jou woord te bly. 

Welton Botha, een van die tieners by die kamp, het wat sy met hulle kom deel het so mooi opgesom; “Ek het geleer dat jy altyd iemand anders se grense moet oorweeg voordat jy iets doen. Ek het ook geleer dat as iemand “Nee” sê, is die finale antwoord “Nee”. Die laaste ding wat ek geleer het, is dat wanneer iemand “Nee” sê, jy nie manipulerend moet wees en domineerend raak nie.”

Natasja Rowe-Rowe is ʼn kliniese spesialis in Kinder en Adolessente Psigiatrie.  Sy bied al vir jare haar dienste by die kampe aan . Haar tema’s sluit in: hoe om ‘n boelie te hanteer, hoe om gesonde grense te stel en wat ‘n goeie verhouding behels. 

Sy het hulle toegerus met riglyne en vaardighede wat hulle hopelik in die toekoms (soos hulle as tieners ontwikkel) sal gebruik. Haar hoop is dat die tieners die opleiding geniet en ʼn positiewe ervaring gehad het. Haar wens vir die kinders is dat hulle goeie maats sal ontmoet wat ook vir God lief is, en in hulleself sal groei. 

Die tieners luister aandagtig by winter J&T 2024 terwyl Natasja hulle raad gee oor hoe om boelies te hanteer.

Die kinders beaam Natasja se wens vir hulle deur te vertel wat dit vir hulle beteken het: Hannah de Klerk het vertel dat sy geleer het dat mens nie altyd hoef “Ja” te sê net omdat dit ja is nie. Karabo Kgatlhane deel in haar siening “Dit was die eerste keer dat ek enige terapie klas bygewoon het. In die begin het ek nie gedink dit gaan waardevol wees nie, maar nou het ek geleer hoe om “Nee” te kan sê.”

Vir Natasja is die kamp ʼn manier om kinders te kan help met die vaardighede wat sy het, maar nie sonder die moeilike gevalle wat sy daagliks in die oë staar nie.  Sy werk met kinders wat sukkel met enige psigiatriese en of emosionele probleme. Dit sluit dikwels steurings soos ADHD, angs en depressie in. Sy werk ook met kinders wat trauma beleef het.

Die tieners luister aandagtig terwyl Natasja hulle raad gee oor hoe om boelies te hanteer by winter J&T 2024. Foto geneem deur Landi Havenga

Die juniors luister aandagtig terwyl Natasja hulle raad gee oor hoe om boelies te hanteer by winter J&T 2024.