Skinderhoekie
Is “Nee” regtig “Nee”?
Die waarheid oor grense was die onderwerp van die week, as jy by Natasja Rowe-Rowe se seminaar ingestap het. Sy het met die tieners gesels en vir hulle vertel oor die belangrikheid van grense, en hoe om by jou woord te bly.
Die krag van natuurlikkemiddels
Die Juniors het met die 2024 winterkamp van natuurmiddels geleer-hulle kon die krag daarvan prakties sien soos 2 mediese sendelinge (Juanita Pretorius en Marinda Labuschangne – ook ‘n apteker) uit hul pad gegaan het om dit vir die juniors onvergeetlik te maak.
Hedendaagse Barmhartige Samaritane
De winterkamp het ʼn rekord aantal borgskappe vir die kinders voorsien. Van direkte borgskappe tot individue wat geld aan J&T stuur om aan kinders wat dit nie kan bekostig nie te allokeer. Borgskappe het aangehou om in te kom.
“ ʼn Pan olie slaan aan die brand in jou huis. Wat gaan jy doen?” – Jean Coetzee
Tienerweek 2024 het met ʼn brandbestrydingsseminaar vir die Tieners begin. Jean Coetzee, ʼn gekwalifiseerde brandweerman het tydens winterkamp vir die tieners van basiese brandveiligheid kom leer.