Oor ons

Missie: Om die kinders aan Jesus voor te stel, hulle na ʼn dieper verhouding met Hom te lei en om in hulle ʼn begeerte vir die koninkryk van God te kweek.

Visie: Om die geestelike groei van die kinders aan te moedig deur vir hulle die basiese konsepte te leer van wat dit beteken om ʼn verhouding met die Here te bou en hoe om dit te doen. Om die kinders die kans te gee om ʼn vaardigheid te leer tydens die kamp deur kuns of lewensvaardighede aan  te bied. Laastens is dit belangrik om die juniors en tieners op te lei om fisies aktief te wees en ʼn gebalanseerde leefstyl te lewe. Dit word gedoen deur vir hulle die waarde van die natuur en vars lug te leer.

Tiener besig om te wag vir sy kans om te ZipLine. Martenique Torlage

Jana de Beer (16), besig om ‘Clash of the Titans te speel’

Waar dit begin het

Die eerste Junior-kamp is gedurende die wintervakansie van 1993 gehou. Die doel was om die gemeenskapskinders iets opwindends te bied om tydens die vakansie te doen, terwyl daar terselfdertyd na hulle uitgereik word. Sedertdien is daar elke jaar ‘n kamp gehou. Oor die jare heen het die kamp aansienlik verander en nuwe dimensies bygekry. Teen 2004 het daar ‘n behoefte ontstaan om ‘n kamp vir tieners te begin, aangesien die juniors te oud geword het vir die Junior-kamp. Dit was ook rondom hierdie tyd dat die kamp tweejaarliks begin plaasvind het. Sedert die ontstaan van die kamp in 1993 tot vandag toe, het die kamp nooit opgehou groei nie en streef hulle voortdurend daarna om te verbeter. Tans is daar ʼn gemiddeld van 150 kinders wat die kamp bywoon.

Besig om ‘n skuiling by een van die eerste kamp te bou. (Foto: Kamp Argiewe)

Oor Ons<br />

Geskiedenis in foto's

Die Span

Die kamp word meestal deur vrywilligers behartig en daarom verander elke kamp se personeel. Alhoewel dit so baie verander is daar tog ʼn paar mense wat ʼn permanente span vorm. Sonder hulle sal die kampe net dieselfde wees nie.

Heino Torlage

Heino Torlage

Heino Torlage is die stigter van J&T. Hy het saam met Lindi en Riana die eerste kamp net so oor 30 jaar terug begin. Hy is nog steeds betrokke by die kamp waar hy benodig word. Sy wysheid bied baie leiding vir almal soos hulle alles beplan.  

Jo-anne Havenga

Jo-anne Havenga

Jo-anne Havenga is in beheer van die kamp gronde (Mpati Bush Camp) wat gebruik word tydens die kamp. Sy tuis onderrig haar twee kinders en behartig die kampgronde vir groepe wat dit tydens die jaar wil gebruik. Sy is ook ʼn waardevolle lid van die kamp se musiekspan.

Hein Havenga

Hein Havenga

Hein Havenga is in beheer van alle finansies. Hy saam met sy vrou en twee kinders woon op die kamp gronde en werk voltyds vir Junior en Tiener week se suster organisasie, Abundant life 

Martenique Torlage

Martenique Torlage

Martenique Torlage is die koördineerder en spanleier vir die tiener kamp. Sy is tans besig om haar studies te voltooi by Akademia. Sy beplan die kampe in haar spaar tyd en gedurende die vakansie gaanhelp sy om die kampe te hardloop. Sy het ʼn passie om met jong mense te werk.

Adele de Beer

Adele de Beer

Adele de Beer is ʼn vrywilliger wat in Ballito woon met haar man en vier kinders. Sy kom met elke kamp Dundee toe en hou alles bymekaar. Sy hanteer alle eksterne kommunikasie sowel as al die vrywilligers wat die kamp bywoon. 

Lindi Karsten

Lindi Karsten

Lindi Karstens hanteer al die registrasies vir die kamp. Sy is ook betrokke by die kos en verblyf reëlings. As daar enige probleme daarmee is, is sy die persoon om te kontak. Van ʼn vrywilliger by die eerste kamp tot en met iemand wat voltyds betrokke is, het Lindi nog altyd probeer om by die kamp betrokke te bly. As iemand wat selfs twee dogters het, is die kampe vir haar ʼn passie.

Riana Coetzee

Riana Coetzee

Riana Coetzee is die koördineerder vir die Junior kamp. Sy was ook deel van die span wat oorspronklik die eerste kamp 30 jaar terug begin het. Sy woon tans in Krugersdorp met haar man en twee kinders.

Shaun Blom

Shaun Blom

Shaun Blom, of soos almal hom ken, Mnr Blom. Hy is die geel sonstraal by kamp al skyn die son nie. Shaun Blom is die spanleier vir die juniors. Hy maak seker al die kinders is gelukkig en geniet die kamp. Hy is ʼn voltydse onderwyser by Dundee Hoërskool en hardloop ʼn swemskool saam met sy vrou in sy spaar tyd.

Hoe om ons in die hande te kry.

Telefonies

034 218 2055

Epos

junior&teen@abundant.co.za

Address

Mpathi Bush Camp

Rusplaas,Dundee,3000,